YDELHEID: DIE EERSTE SONDE TEENOOR GOD

Grant Swart

Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! (Prediker 1:2). Die Hebreeuse woord vir “ydelheid” word hier vertaal as “alles tevergeefs”, en beteken letterlik “damp” of “asem”. Dit kan ook as “betekenisloos”, “leegheid” of “nutteloosheid” vertaal word. Die prediker hierin is Koning Salomo, en hy vertel ons dat, nadat hy alles wat die wereld kan aanbied ondersoek het, hy bevind het dat dit alles betekenisloos is. Dit is nutteloos om wereldse doele na te jaag, want hulle verdwyn almal met ons laaste asem. Daardie grondslag help ons om te verstaan hoe die woord ydelheid op ander wyses in die Bybel gebruik word.

In die Griekse Bybelteks is die woord vir ydelheid “kenodoxia”, wat letterlik “leë heerlikheid” beteken. Dit beliggaam die oortuiging dat ‘n mens verdien om bewonder te word as gevolg van ‘n mens se vermeende voortreflike skoonheid, krag, status, talent of voorneme.

Romeine 8:20 sê dat die hele skepping aan nietigheid onderwerp is as gevolg van God se vloek. Toe Adam gesondig het, het God alles vervloek wat Hy gemaak het (Genesis 3:17–19). Met ander woorde, perfeksie het verlore gegaan. Ydelheid bring mee dat die mens daardie perfeksie self weer wil najaag. Die hele skepping skiet nou tekort aan sy oorspronklike doel; eerder as om in harmonie met God te werk, het bewoners van die aarde op mekaar en teen God gedraai. Ons steier steeds van die gevolge van daardie vloek. Alles wat bedoel was om reg en uitstekend te wees, is onderstebo. Die chaos en waansin van die wêreld soos ons dit ken, is te wyte aan die feit dat God die skepping aan nietigheid onderwerp het (Romeine 8:21).

Continue reading

As praat en pleit nie meer help nie

bly-kalm-want-god-is-in-beheer

As praat en pleit nie meer help nie –  is die Gees nog steeds daar! 

Kinders van God beleef soms baie soorte teleurstellings en moedeloosheid en selfs partykeer ‘n wanhopige gevoel van bekommernis. Die redes is veelvuldig : dinge werk nie uit soos ek dit wil hê nie, probleme so groot soos die berge, moeilike omstandighede wat eindeloos voortsloer… van die ontstellendste krisisse is egter die angswekkende feit van eggenotes, kinders, familie en vriende (selfs gemeentelede) wat onbekeerd voortleef terwyl die einde naderkom… Hulle is vasgevang in Satan se greep, verblind deur die wêreld, verlam in ‘n verlore staat… Jou gepraat val skynbaar op dowe ore, jou gedreig en gepleit het geen effek. Dit maak jou moedeloos en selfs paniekerig. Dan is daar nog die betreurenswaardige toestand van die kerk…dwalinge, morele verval, wêreldsgesindheid en laksheid wat floreer. Dit dreig om baie Christene heeltemal moedeloos of sinies te maak.

Die profeet Sagaria het vir elkeen wat so voel ‘n besondere boodskap. Sagaria self het opgetree in ‘n konteks van moedeloosheid en teleurstelling. Hy bring sy boodskap in die tydperk nadat die Jode uit ballingskap teruggekeer het na Jerusalem. Hulle het mooi verwagtinge gehad, maar als het nie uitgewerk soos hulle gedink het nie. Daar was armoede, vyande, geskille en geestelike verval. Die groot taak in hierdie tyd was om die verwoeste tempel weer te herbou, maar dit het maar broekskeur gegaan en op ‘n stadium moes die werk gestaak word. Die goewerneur Serubabel moes in hierdie moeilike omstandighede toesien dat die bouwerk vorder. Die doel van visioen van die olie en die lampe in Sagaria hoofstuk 4 was om hom te bemoedig. Hierdie bemoediging gaan egter verder as Serubabel en sy tyd, dis ‘n profetiese boodskap wat ook ons direk raak…

Die kernboodskap van die beeld van die olie en die lampe vind ons in vers 6. “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” Continue reading

Charles Haddon Spurgeon: Preacher of Free Grace, or Religious Idiot?

Spurgeon Freeness-of-Grace

Grant Swart

Of course there are those who do not regard Charles Haddon Spurgeon as a preacher of solely the truth. Admittedly, no man can be perfect by his own means, and even perfect holiness is acceptable to God only through Jesus Christ. There are also those who ignorantly rummage about in the published works of Spurgeon in the hope that they will find some shards of support for their own deceived religious belief system, and thereby falsely portraying the famous and well-beloved preacher as a will-worshipping Arminian, like they themselves have been misled to be.

While many Christians have had the misfortune of making the acquaintance of some unrepentant religious idiots, nevertheless, they do exist in larger numbers and their written works proliferate throughout the digital media – their presence is evidenced clearly by the overabundance of their deceitful and misrepresentative contributions. Now, please don’t get me wrong, I do not refer to them as religious idiots because I regard my own capabilities as superior to theirs in any way. I would not dare do that, because in all honesty, many of them are highly intelligent people and some are even academic giants, with qualifications way beyond my own.

Neither do I refer to them as religious idiots because I harbour some form of hatred for them, quite to the contrary, I must have compassion for their lostness. Why would I resent them? For financial gain or for fame? No, I refer to them as religious idiots because they ascribe false man-made doctrines to the Scriptures and then they promote and cling to a damning form of religion, which is set worlds apart from Christianity. I refer to them as religious idiots because they oppose Christ. Continue reading

Die Kruis red; die Kruis verlos. Die ware Evangelie van geloof.

Cross on calvary 1

TULIP en Die Ware Evangelie

tulip logo image

Totale onvermoë dood in jou sonde

Uitverkies sonder voorwaardes

Lewe aflê vir Sy Skape Alleen

Innerlike onweerstaanbare genade

Preserveer vir ewig

 

Isa 53:11  Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.

Dit was Volbring en wat die God van die Kosmos gekom het om te doen, was Hy mee tevrede; dat diegene wat Hy regverdig wil maak, het Hy volkome regverdig gemaak. Nie een gaan verlore wat Hy in Sy ewige Raadsplan vir Sy Bruid kies nie. Sy plan was nie gefnuik deur enige van Sy skepsels nie, want Hy is nie in hulle hande nie maar hulle in Syne. Die vlekkelose Bruid is nie die een wat Jesus Christus nie geweet het wie dit gaan wees nie, en tot met die wederkoms eers, Sy versluierde een met verbasing sal aanskou nie. Nee, God weet wie is die Bruid, want Hy het hulle elkeen gekies voor die grondlegging van die wêreld af, om ʼn reine Bruid te hê, wat Hy vlekkeloos en heilig kom maak het.

Inleiding

Toe die wet daar was, was dit maklik om te verklaar hoekom sommige die ewige lewe beërwe en hoekom sommige deur die wet geoordeel word. Dit was wit of swart, hemel of hel, God se skaap of die duiwel se bok, verlore of gered deur die wet te gehoorsaam of die wet te oortree. Dan was dit jou skuld dat jy verlore gaan, of dit was jou goedheid en getrouheid wat jou die hemel laat beërwe, “getroue dienskneg kom staan hier by die skape, ontroue gaan na die ewige verderf voorberei vir die duiwel en sy engele”. Nie dat die wet enigeen gered het nie. Die nuwe evangelie is nie veel anders in sy sienswyse nie, jy gehoorsaam die “wet” van “keuse maak”. Continue reading

Die mens se status voor God

people in mist on beach

DIE MENS SE STATUS DEUR DIE HISTORIESE BETROKKENHEID VAN GOD SE RAADSBESLUIT

    Toestand Voor En Na Die Sondeval

Status Integritatis

Adam en Eva is met integriteit geskape. Met ʼn ware vrye wil om te kies om God te dien. Met die moontlikheid om te sondig en die moontlikheid om nie te sondig nie. Dit is geskape in liefde. Die boom van kennis kon hulle nie van eet nie, dit was al voorwaarde tot ʼn ewige lewe in die Paradys. Hulle was nie onskuldig geskape nie omrede hulle dan nie kon sondig nie. Dit was hulle toestand voor hulle val. Toe misbruik hulle, hulle vrye wil en sondig en is hulle dood in hulle sonde. Johan Heyns stel dit sekuur:

“Satan plant in die hart van die vrou twyfel oor die juiste bewoording, twyfel insake die presiese strekking daarvan, en twyfel veral ook aan die billikheid en regverdigheid van die goddelike gebod. Hy maak in haar hart hoogmoed wakker deur te suggereer dat hulle soos God, kan weet wat goed, en kwaad is. Hy prikkel haar begeerte en verlei haar, deur ʼn leuen te vertel, ten slotte tot daadwerklike ongehoorsaamheid aan en ongeloof in God. En, so staan die naakte sonde in sy historiese aanvang dan voor ons: Continue reading