Kersfees: Nugter nagedink oor 25 Desember

christmas-tree-blue cool

Grant Swart

Ek het groot waardering en respek vir God se kinders wat radikaal heilig wil lewe en in alle dinge die wil van God eerste probeer stel. Dis immers in ooreenstemming met  die duidelike opdrag in 1 Petrus 1:16 “Wees heilig, want Ek is heilig!”  Aan die anderkant is daar wel ook Christene wat ‘n behae daarin skep om hare te kloof en andere skuldig te laat voel oor nietige randsake. (moontlik as gevolg van onkunde)

Een so ‘n saak is die vraag : “Mag ‘n Christen Kersfees vier?”


VASTE FEITE

Kom ons begin met die nugtere stel van ‘n paar feite wat vas staan en waaroor almal behoort saam te stem :

Feit nommer een is : Jesus is nie op 25 Desember gebore nie. 

Verder:

  • Die groot meerderheid van mense op aarde vier Kersfees op ‘n goddelose en Godonterende manier (met vreet op aarde in plaas van vrede op aarde)* 
  • Daar is geen Bybelse bevel om Kersfees as ‘n feesdag te vier nie.
  • Daar is wel duidelike Skrifgedeeltes wat die geboorte/menswording van Jesus beskryf.
  • Daar is wel toegewyde gelowiges wat Kersfees vier op ‘n Godverheerlikende wyse.
  • Daar is ook opregte Christene wat niks met Kersfees te doen wil hê nie en dit as deur en deur heidens beskou.

Uit bogenoemde is dit klaar duidelik dat Christene verdeeld is oor hierdie saak. Selfs onder Christene Continue reading

Die Bloed van die Here Jesus Christus

horses in red sunset

Lay aside the garments that are stained with sin,

And be washed in the blood of the Lamb;

There’s a fountain flowing for the soul unclean,

O be washed in the blood of the Lamb!

Inleiding

Wat wil jy meer op dese aarde hê as DIT liewe mens; jou sonde vergewe en jou sondesmet afgewas in die kosbare bloed van die offerhande van die vlekkelose Lam van God. Wat ʼn rykdom, wat seëninge en dit onverdiend. Dit is soos die Woord van God sê: Meer kosbaar as silwer en goud, meer kosbaar as sukses en roem, meer kosbaar as aardse besittings en aansien, meer kosbaar as gesondheid en jeug. Om witter as sneeu te wees, om beklee te wees met reine wit, gewas in die kosbare bloed van die Lam, dit is die grootste geskenk ten alle tye, wat die grootste opoffering van alle tye geverg het; die “trane” van God oor Sy geliefde Seun wat sy lewe afgelê het, sy bloed gestort het vir sy Bruid sodat sy rein kan wees en sodat ons kinders van die lewende God kan wees.

Jes 54:5  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word

Jes 61:10  Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.

 red-sunset behold

Die Bruid in die Ou Testament is dieselfde Bruid as in die Nuwe Verbond, al die besnedenes na die Gees. Continue reading

Die mens se status voor God

people in mist on beach

DIE MENS SE STATUS DEUR DIE HISTORIESE BETROKKENHEID VAN GOD SE RAADSBESLUIT

    Toestand Voor En Na Die Sondeval

Status Integritatis

Adam en Eva is met integriteit geskape. Met ʼn ware vrye wil om te kies om God te dien. Met die moontlikheid om te sondig en die moontlikheid om nie te sondig nie. Dit is geskape in liefde. Die boom van kennis kon hulle nie van eet nie, dit was al voorwaarde tot ʼn ewige lewe in die Paradys. Hulle was nie onskuldig geskape nie omrede hulle dan nie kon sondig nie. Dit was hulle toestand voor hulle val. Toe misbruik hulle, hulle vrye wil en sondig en is hulle dood in hulle sonde. Johan Heyns stel dit sekuur:

“Satan plant in die hart van die vrou twyfel oor die juiste bewoording, twyfel insake die presiese strekking daarvan, en twyfel veral ook aan die billikheid en regverdigheid van die goddelike gebod. Hy maak in haar hart hoogmoed wakker deur te suggereer dat hulle soos God, kan weet wat goed, en kwaad is. Hy prikkel haar begeerte en verlei haar, deur ʼn leuen te vertel, ten slotte tot daadwerklike ongehoorsaamheid aan en ongeloof in God. En, so staan die naakte sonde in sy historiese aanvang dan voor ons: Continue reading

Die Ware Evangelie

key-to-bible

Welkom by die eerste Afrikaanse artikel op For the Love of His Truth. Indien u in kennis gestel wil word van ander Afrikaanse artikels wat op hierdie blog verskyn, kliek op “Sign me up!” heel bo in die regter kolom op die tuisblad.

Mag die God wat genadig en barmhartig is vir jou begelei deur sy Gees tot alle waarheid, kennis, insig en mag u sy genade begryp in Christus Jesus.

1.      Die plan van God met die mens en skepping 

Openbaring 4:11 “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.” 

God het geskep omdat Hy wil skep. God skenk dit aan die mens om te geniet en te gebruik. Isaiah 45:18 So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het, Hy wat alleen God is, Hy wat die aarde gevorm, gemaak het, dit gereed gemaak, geskep het, dit gevorm het, nie om leeg te wees nie, maar om bewoon te word: Ek is die Here; daar is geen ander nie

Die mens is geskape om in die lewe van die mens, God te weerspieël.  Eseg.20.41”Ek sal my in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.”  

Die mens was by sy skepping wel met die moontlikheid, maar nie met die noodsaaklikheid van volharding in die goeie nie, toegerus.  Bybels gesproke is dit egter so dat die mens nie hoef te misluk nie, maar wil misluk, en daarom is sy ondergang nie sy lot nie, maar sy skuld. Continue reading