TULIP en Die Ware Evangelie
Totale onvermoë dood in jou sonde
Uitverkies sonder voorwaardes
Lewe aflê vir Sy Skape Alleen
Innerlike onweerstaanbare genade
Preserveer vir ewig
Isa 53:11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
Dit was Volbring en wat die God van die Kosmos gekom het om te doen, was Hy mee tevrede; dat diegene wat Hy regverdig wil maak, het Hy volkome regverdig gemaak. Nie een gaan verlore wat Hy in Sy ewige Raadsplan vir Sy Bruid kies nie. Sy plan was nie gefnuik deur enige van Sy skepsels nie, want Hy is nie in hulle hande nie maar hulle in Syne. Die vlekkelose Bruid is nie die een wat Jesus Christus nie geweet het wie dit gaan wees nie, en tot met die wederkoms eers, Sy versluierde een met verbasing sal aanskou nie. Nee, God weet wie is die Bruid, want Hy het hulle elkeen gekies voor die grondlegging van die wêreld af, om ʼn reine Bruid te hê, wat Hy vlekkeloos en heilig kom maak het.
Inleiding
Toe die wet daar was, was dit maklik om te verklaar hoekom sommige die ewige lewe beërwe en hoekom sommige deur die wet geoordeel word. Dit was wit of swart, hemel of hel, God se skaap of die duiwel se bok, verlore of gered deur die wet te gehoorsaam of die wet te oortree. Dan was dit jou skuld dat jy verlore gaan, of dit was jou goedheid en getrouheid wat jou die hemel laat beërwe, “getroue dienskneg kom staan hier by die skape, ontroue gaan na die ewige verderf voorberei vir die duiwel en sy engele”. Nie dat die wet enigeen gered het nie. Die nuwe evangelie is nie veel anders in sy sienswyse nie, jy gehoorsaam die “wet” van “keuse maak”. Continue reading