YDELHEID: DIE EERSTE SONDE TEENOOR GOD

Grant Swart

Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! (Prediker 1:2). Die Hebreeuse woord vir “ydelheid” word hier vertaal as “alles tevergeefs”, en beteken letterlik “damp” of “asem”. Dit kan ook as “betekenisloos”, “leegheid” of “nutteloosheid” vertaal word. Die prediker hierin is Koning Salomo, en hy vertel ons dat, nadat hy alles wat die wereld kan aanbied ondersoek het, hy bevind het dat dit alles betekenisloos is. Dit is nutteloos om wereldse doele na te jaag, want hulle verdwyn almal met ons laaste asem. Daardie grondslag help ons om te verstaan hoe die woord ydelheid op ander wyses in die Bybel gebruik word.

In die Griekse Bybelteks is die woord vir ydelheid “kenodoxia”, wat letterlik “leë heerlikheid” beteken. Dit beliggaam die oortuiging dat ‘n mens verdien om bewonder te word as gevolg van ‘n mens se vermeende voortreflike skoonheid, krag, status, talent of voorneme.

Romeine 8:20 sê dat die hele skepping aan nietigheid onderwerp is as gevolg van God se vloek. Toe Adam gesondig het, het God alles vervloek wat Hy gemaak het (Genesis 3:17–19). Met ander woorde, perfeksie het verlore gegaan. Ydelheid bring mee dat die mens daardie perfeksie self weer wil najaag. Die hele skepping skiet nou tekort aan sy oorspronklike doel; eerder as om in harmonie met God te werk, het bewoners van die aarde op mekaar en teen God gedraai. Ons steier steeds van die gevolge van daardie vloek. Alles wat bedoel was om reg en uitstekend te wees, is onderstebo. Die chaos en waansin van die wêreld soos ons dit ken, is te wyte aan die feit dat God die skepping aan nietigheid onderwerp het (Romeine 8:21).

Continue reading

Aanklag van die moedswilliges: “Christene is nie konsekwent nie”

Finger-pointing 2

AANKLAG VAN DIE MOEDSWILLIGES :

“Julle, Christene is nie konsekwent nie.”
So dikwels verskyn daar siniese opmerkings in die media wat neerkom op : “Julle Christene is inkonsekwent, julle veroordeel homoseksualiteit omdat dit in die Bybel verbied word, maar hoekom stenig julle nie ongehoorsame kinders nie? Dis mos ‘n bevel wat mens ook  in die Bybel kry.” (Snaaks dat mense so lief is vir hierdie “steniging van kinders” argument – nou die dag sien ek ‘n ou gebruik dit om nie meer in die bestaan van ‘n hel te glo nie.) Of – “Hoekom eet julle skulpvis, daar is dan ‘n duidelike verbod daarop in dieselfde Bybel?  Hoekom eerbiedig julle nie al die bevele in Levitikus nie? Julle pick en choosenet wat julle pas.”
Sulke uitlatings klink natuurlik vir oningeligte ateïste,  skeptici,  Skrifskenders en  Kletskerk aanhangers  baie oortuigend, maar enigiemand wat met nugterheid na die totale konteks van die Bybel kyk behoort geen probleem te ondervind om die kwaadwillige dwaasheid van hierdie tipe stellings raak te sien nie.
Kom ons probeer verduidelik. Continue reading