As praat en pleit nie meer help nie

bly-kalm-want-god-is-in-beheer

As praat en pleit nie meer help nie –  is die Gees nog steeds daar! 

Kinders van God beleef soms baie soorte teleurstellings en moedeloosheid en selfs partykeer ‘n wanhopige gevoel van bekommernis. Die redes is veelvuldig : dinge werk nie uit soos ek dit wil hê nie, probleme so groot soos die berge, moeilike omstandighede wat eindeloos voortsloer… van die ontstellendste krisisse is egter die angswekkende feit van eggenotes, kinders, familie en vriende (selfs gemeentelede) wat onbekeerd voortleef terwyl die einde naderkom… Hulle is vasgevang in Satan se greep, verblind deur die wêreld, verlam in ‘n verlore staat… Jou gepraat val skynbaar op dowe ore, jou gedreig en gepleit het geen effek. Dit maak jou moedeloos en selfs paniekerig. Dan is daar nog die betreurenswaardige toestand van die kerk…dwalinge, morele verval, wêreldsgesindheid en laksheid wat floreer. Dit dreig om baie Christene heeltemal moedeloos of sinies te maak.

Die profeet Sagaria het vir elkeen wat so voel ‘n besondere boodskap. Sagaria self het opgetree in ‘n konteks van moedeloosheid en teleurstelling. Hy bring sy boodskap in die tydperk nadat die Jode uit ballingskap teruggekeer het na Jerusalem. Hulle het mooi verwagtinge gehad, maar als het nie uitgewerk soos hulle gedink het nie. Daar was armoede, vyande, geskille en geestelike verval. Die groot taak in hierdie tyd was om die verwoeste tempel weer te herbou, maar dit het maar broekskeur gegaan en op ‘n stadium moes die werk gestaak word. Die goewerneur Serubabel moes in hierdie moeilike omstandighede toesien dat die bouwerk vorder. Die doel van visioen van die olie en die lampe in Sagaria hoofstuk 4 was om hom te bemoedig. Hierdie bemoediging gaan egter verder as Serubabel en sy tyd, dis ‘n profetiese boodskap wat ook ons direk raak…

Die kernboodskap van die beeld van die olie en die lampe vind ons in vers 6. “Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” Continue reading

Advertisements

Daar bestaan net twee groepe mense

two-groups-of-people

Johannes de Koning

KRAG OF ONSIN?

– die kruisvraag wat alle mense in twee groepe verdeel.

In 1 Korintiërs 1:18 maak die apostel Paulus ‘n formidabele uitspraak. Dit het aardskuddende gevolge, ewigheidskonsekwensies!  “Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.” Dis baie duidelik uit hierdie teks:

Daar bestaan wesentlik net twee groepe mense. Nét twee groepe. Geen middelgroep nie. Dié wat verlore gaan en dié wat gered word.

Die wat verlore is, is  slawe van sonde en Satan. Die wat gered is, is mense wat verlos is van sonde, Satan, oordeel en hel. Verlorenes sal vir ewige weg wees van die aangesig van God, uitgewerp in die buitenste duisternis. Die gereddes sal vir ewig by God wees en die warmte van Sy liefde voel en die glans van Sy majesteit aanskou.

Baie interessant, die verskil tussen die twee groepe word hier gedefinieer in in terme van hulle uiteenlopende houdings ten opsigte van die kruisboodskap. Anders gesê: jou houding teenoor die kruisboodskap bepaal of jy ‘n verlorene of ‘n gereddene is.  Die vraag wat elkeen van ons moet antwoord is : Continue reading