Lay aside the garments that are stained with sin,
And be washed in the blood of the Lamb;
There’s a fountain flowing for the soul unclean,
O be washed in the blood of the Lamb!
Inleiding
Wat wil jy meer op dese aarde hê as DIT liewe mens; jou sonde vergewe en jou sondesmet afgewas in die kosbare bloed van die offerhande van die vlekkelose Lam van God. Wat ʼn rykdom, wat seëninge en dit onverdiend. Dit is soos die Woord van God sê: Meer kosbaar as silwer en goud, meer kosbaar as sukses en roem, meer kosbaar as aardse besittings en aansien, meer kosbaar as gesondheid en jeug. Om witter as sneeu te wees, om beklee te wees met reine wit, gewas in die kosbare bloed van die Lam, dit is die grootste geskenk ten alle tye, wat die grootste opoffering van alle tye geverg het; die “trane” van God oor Sy geliefde Seun wat sy lewe afgelê het, sy bloed gestort het vir sy Bruid sodat sy rein kan wees en sodat ons kinders van die lewende God kan wees.
Jes 54:5 Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word
Jes 61:10 Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele.