YDELHEID: DIE EERSTE SONDE TEENOOR GOD

Grant Swart

Alles tevergeefs, sê die Prediker, alles tevergeefs, dit is alles tevergeefs! (Prediker 1:2). Die Hebreeuse woord vir “ydelheid” word hier vertaal as “alles tevergeefs”, en beteken letterlik “damp” of “asem”. Dit kan ook as “betekenisloos”, “leegheid” of “nutteloosheid” vertaal word. Die prediker hierin is Koning Salomo, en hy vertel ons dat, nadat hy alles wat die wereld kan aanbied ondersoek het, hy bevind het dat dit alles betekenisloos is. Dit is nutteloos om wereldse doele na te jaag, want hulle verdwyn almal met ons laaste asem. Daardie grondslag help ons om te verstaan hoe die woord ydelheid op ander wyses in die Bybel gebruik word.

In die Griekse Bybelteks is die woord vir ydelheid “kenodoxia”, wat letterlik “leë heerlikheid” beteken. Dit beliggaam die oortuiging dat ‘n mens verdien om bewonder te word as gevolg van ‘n mens se vermeende voortreflike skoonheid, krag, status, talent of voorneme.

Romeine 8:20 sê dat die hele skepping aan nietigheid onderwerp is as gevolg van God se vloek. Toe Adam gesondig het, het God alles vervloek wat Hy gemaak het (Genesis 3:17–19). Met ander woorde, perfeksie het verlore gegaan. Ydelheid bring mee dat die mens daardie perfeksie self weer wil najaag. Die hele skepping skiet nou tekort aan sy oorspronklike doel; eerder as om in harmonie met God te werk, het bewoners van die aarde op mekaar en teen God gedraai. Ons steier steeds van die gevolge van daardie vloek. Alles wat bedoel was om reg en uitstekend te wees, is onderstebo. Die chaos en waansin van die wêreld soos ons dit ken, is te wyte aan die feit dat God die skepping aan nietigheid onderwerp het (Romeine 8:21).

Continue reading

Wedergeboorte: Die Vereiste om die Koninkryk te Sien.

wheat 1

Wedergeboorte: Die Vereiste om die Koninkryk te Sien.

Ons almal weet van wedergeboorte. Ons weet dit is ʼn God gegewe wonderwerk en as jy nie wedergebore is nie dan kan jy nie die Koninkryk van die Hemele eers sien nie. Jy kan nie insig hê sonder die openbaring van Bo, jy kan nie Die Geloof hê sonder om eers wedergebore te word nie. 

Joh 3:3 

Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Jesus herhaal die woorde maar met ʼn verdere vereiste:

Joh 3:4 

Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

Nikodemus begryp alles letterlik want hy het nie geestelike insig nie. Hy is ʼn Israeliet en begryp net dat die Jode is die uitverkorenes en nie die heidene nie. Hy is deel van God se volk. Hy is n kind van Abraham, sy vlees is dan besny, maar hy is nie besnede van hart nie. Hy begryp nie dat vlees en bloed nie die koninkryk van God kan beërwe nie sonder om van vleeslike sondige Adams geslag wat gesterwe het in die Paradys, weer eers regenereer te word nie. Sy siel is vleeslik en moet geestelik gebore word maar dit is nie al vereiste om net wedergebore te word en die koninkryk sien nie, hy moet dit nou ervaar en skoon gewas word in deur die Heilige Gees in Jesus bloed. Dan sê Jesus die volgende: Continue reading