Die Ware Evangelie

key-to-bible

Welkom by die eerste Afrikaanse artikel op For the Love of His Truth. Indien u in kennis gestel wil word van ander Afrikaanse artikels wat op hierdie blog verskyn, kliek op “Sign me up!” heel bo in die regter kolom op die tuisblad.

Mag die God wat genadig en barmhartig is vir jou begelei deur sy Gees tot alle waarheid, kennis, insig en mag u sy genade begryp in Christus Jesus.

1.      Die plan van God met die mens en skepping 

Openbaring 4:11 “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u wil het alles ontstaan en is dit geskep.” 

God het geskep omdat Hy wil skep. God skenk dit aan die mens om te geniet en te gebruik. Isaiah 45:18 So sê die Here, Hy wat die hemel geskep het, Hy wat alleen God is, Hy wat die aarde gevorm, gemaak het, dit gereed gemaak, geskep het, dit gevorm het, nie om leeg te wees nie, maar om bewoon te word: Ek is die Here; daar is geen ander nie

Die mens is geskape om in die lewe van die mens, God te weerspieël.  Eseg.20.41”Ek sal my in julle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies.”  

Die mens was by sy skepping wel met die moontlikheid, maar nie met die noodsaaklikheid van volharding in die goeie nie, toegerus.  Bybels gesproke is dit egter so dat die mens nie hoef te misluk nie, maar wil misluk, en daarom is sy ondergang nie sy lot nie, maar sy skuld.  Die mens is in die staat van “corruptionis”, van “non posse non peccare.”  Ons is nie in staat om nie te sondig nie.  Romans 5:12 Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig hê.

Vrae?

Is jy ʼn venster vir die mens waardeur hulle God sien?

Wat sien die mense deur jou venster?

Gee jy om as jy sonde doen of maak dit nie eintlik saak nie?

bible-and-key_2120_1024x768 

2.      Die vreeslikheid van sonde

Sonde verbreek die verhouding met God, die medemens, die natuur en self.

Sonde of die aanbidding van jouself het die wêreld verander in ʼn selfsugtige, selfvernietigende, immorele, gewetenlose, chaotiese, wanordelike planeet van verskrikking.  Daarom haat God die sonde en het hy die hoogste loon op die sonde gesit, die lewende dood sonder God verwyder van God deur ʼn onoorbrugbare diepte maar tog nog bewus van God.

Sonde is vir God afgryslik. Ons sal dit seker nie kan begryp nie maar kan die afgryse daarvan meet in die daad van God dat hy sy geliefde Seun daarvoor verbrysel het. Die prys laat betaal het vir die wat God vir sy Seun gegee het. 

James 1:14, Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15 Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

Vrae:

Dink jy sonde is nadelig vir ander of die natuur?  Dink aan voorbeelde

 bible-and-key_2120_1024x768

3.      Almal is sondig met ʼn sondige natuur

Romans 3:9 Waarop kom dit neer? Is ons as Jode dan beter as die ander? Glad nie, want ons het al bewys dat Jode en nie-Jode almal in die mag van die sonde is. 10 Daar staan immers geskrywe: “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, 23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,   1 John 1:8 As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. .

Almal is totaal korrup, niemand wat God wil aanvaar nie en is van nature hatig teenoor God, dood in jou sonde, en slegs ʼn vrye agent vir die kwaad.  Romans 3:10 Daar staan immers geskrywe: “Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, 11 daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie. 12 “Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een

Daar is en sal nooit aangetrokkenheid na God wees nie sonder ingryping van God in lewens en daarsonder is ons op pad na die Hel wat God voorberei het vir sondaars, Satan en sy Engele.  Hebrews 9:27’n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel. 2 Peter 2:9 Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou.  Revelation 20:12 Ek het die dooies, groot en klein, voor die troon sien staan, en die boeke is oopgemaak. Daar is ook ’n ander boek oopgemaak, dit is die boek van die lewe. Die dooies is toe geoordeel volgens wat daar in die boeke geskrywe staan oor alles wat hulle gedoen het. Die mens is alreeds veroordeel en wag net op die groot oordeel en die regverdige veroordeling na ewige foltering.

Vrae:

Wat gaan met jou gebeur as jy sterf? 

Wat gaan jy doen aan jou toestand indien jy dink dat jy verlore is?

 bible-and-key_2120_1024x768

4.     Die straf van die sonde, die verdorwenheid van die mens

Daar is gevolge van die sonde op die fisiese aarde en die mens, en ewige straf.  Tydelik, is ons siekte, pyn, lyding en ander geestesfunksies wat versteurd is, ons sondeskuld, die heerskappy van die Bose oor ons lewens, ons materiële dinge en plesier wat ons weghou van ʼn vrugbare lewe, ons luiheid, ons verslawing aan middels, seksuele verslawing soos pornografie en perversiteit.  Ons is verlore en vasgevang in die bande van sonde al strewe ons om te verbeter, raak ons al hoe meer dieper in die gemors waarin ons uiteindelik nie verlos kan word in ons eie krag nie en uiteindelik net so sterwe sonder om mens te word.  Ons word nie sondaars omdat ons sonde doen nie maar ons doen sonde omdat die mens ʼn Sondaar is.  Daarom is die ewige straf op die sondaar.  In hierdie toestand bly die mens as hy nie in Christus sterwe nie.  En hierdie ewige of tweede dood is dan die ewige straf op die sonde.  Hier is die straf dan openbaar in al sy verskriklikheid in die Hel vir ewig uitgesluit aan gemeenskap met God.  Sonde kan nie ongestraf bly nie en daarom soos Esegiel 18.20 se “…”die siel wat sondig sal sterwe.” 

Vrae:

Is daar enige van die tydelike strawwe in jou lewe aanwesig?

Dink jy, jy kan tydelike strawwe verander in jou lewe en hoe sal jy dit doen?

Christus sê jy sal in die toestand bly as jy nie in Hom is nie, by jou sterwe.

bible-and-key_2120_1024x768 

5.      Die Oordeel, straf en toorn van God

Revelation 20:14 Toe is die dood en die doderyk in die vuurpoel gegooi. Dit is die tweede dood, die vuurpoel Deuteronomy 32:22-24  My toorn het ’n vuur aangesteek; dit brand tot in die doderyk daaronder, dit verteer die aarde en sy opbrengs, dit brand deur tot diep onder die berge. 23 Ek sal ramp op ramp oor hulle bring, my pyle op hulle afskiet: 24 hongerpyne, koorsgloed, ongeneeslike siekte. Ek sal roofdiere op hulle afstuur, en giftige slange!

God is Toornig op die sondige mens en die mens wat sondig gaan gestraf word.

Vrae:

Is jy gereed vir die dag wat jy sterwe en voor God verskyn?

 bible-and-key_2120_1024x768

6.      God se antwoord vir die sonde-Die genade van God

In die begin van die Bybel belowe God in die eerste evangelie boodskap dat daar iemand in Eva se nageslag gaan kom wat die mens gaan verlos van sy verlore toestand vir die wat dit gaan glo.

Die Moederbelofte in Genesis 3:15 Ek stel vyandskap tussen jou en die vrou, tussen jou nageslag en haar nageslag. Haar nageslag sal jou kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”  Dit is God se plan van versoening vanaf die oer vloek met die belofte in verskans van ʼn Middelaar wat sal kom, Die Een wat sal kom en Sonde en die dood oorwin, vir die mens se onthalwe omdat God geweet het dat die mens homself nie kan red nie.  Die sonde is ʼn vreemde indringer met geen plek in hierdie wêreld nie.  Dit hoort nêrens in God se goeie skepping tuis nie.  Die sonde is in daardie Saad van Eva (naamlik Jesus), teregestel en tot dood veroordeel.  En daarmee het vryheid gekom vir diegene wat in die sonde se mag is wat in daardie Saad, die afstammeling, Jesus glo.  Die Een se Naam is Jesus die Christus wat 4000 jaar na daardie belofte daardie profesie vervul het en sy lewe vir ons gegee het sodat ons die ewige lewe mag hê.  Nie net die mens sal onsterflikheid ervaar nie maar so ook die aarde sal herstel word, nie ʼn herskepping nie, maar vernuwing waarvoor ons wag. Soos die paradys, soos Adam en Eva, maar sonder die sonde. Ons sal nie in staat wees om te sondig nie.  Dit het alreeds begin maar nog nie ten volle werklikheid geword nie.  Die kerk is ʼn teken van die ewige Koninkryk wat met Christus se wederkoms by die oordeel vervul sal word.  

Hoe het God dit beplan?

Hebrews 9:22 Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie.

28 So is Christus ook net een maal geoffer om die sondes van baie weg te neem. As Hy die tweede keer verskyn, kom Hy nie in verband met sonde nie, maar om verlossing te bring vir dié wat Hom verwag.

Die volheid van alle tye het gekom toe Jesus gebore is en die vervulling van die skeppings belofte; dat daar ʼn Saad sal kom van Eva en Adam wat God sal koester en beskerm en afstam van goeies en slegtes, Jode en Heidene.  Die tweede Adam het gekom die keer sonder sonde en in Hom is ons weer rein en wedergebore.  Diegene wat Jesus Christus in die gawe van geloof aanneem, het nou ʼn hunkering aan God en om Hom gehoorsaamheid te wees.

Die voorsiening is gemaak in God se besondere genade om aan die mens wat bestem is om nie die ewige verwydering wat hulle verdien te ervaar nie, weer die hunkering na God te skenk deur onbewustelik diep in die gees te werk en gewillig te maak om God te gehoorsaam.

Vrae:

Dink jy dat jy iemand nodig het om jou te verlos van jou sonde en die gevolge daarvan die ewige straf?

bible-and-key_2120_1024x768

7.      Geloof, verootmoediging, sonde belydenis gawes

God se handel met die mens in Jesus Christus deur die Heilige Gees se werking om die mens se wil te keer na Hom word bewerkstellig deur die wedergeboorte.  John 3:5-8 Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie.

 In die ou vertaling se dit reg: “sal die koninkryk van God nie sien nie.”  Jy kan slegs eers kennis en insig besit as God dit openbaar aan jou deur jou geestelike oë te open deur die bad van die wedergeboorte. 

6 Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees. 7 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het: Julle moet opnuut gebore word nie. 8 Die wind waai waar hy wil. Jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waar hy vandaan kom en waar hy heen gaan nie. So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees gebore is.”

Vraag:

Wil jy die Koninkryk sien?

Geloof is ʼn gawe van die Gees en lei die mens tot aanvaarding wat met hom gebeur het in die wedergeboorte.  Ephesians 2:8 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. Geloof is dan die mens se antwoord, die mens glo, daarom is geloof dan ʼn daad van die mens. 

Vraag:

Glo jy dat Christus vir jou sonde gesterf het en sy bloed jou sonde reinig?

2 Corinthians 7:9,10 Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, 10 want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. 

Vraag:

Is jy jammer oor jou verkeerde dade en jou sondige lewe?

By ware bekering begin dit by ʼn inwendige verandering van denke, gevoel en wil, gaan dit voort na ʼn uitwendige verandering wat sigbaar word in nuwe dade, hoorbaar in nuwe woorde, merkbaar in nuwe verhoudinge. ʼn Wesensverandering.  Matthew 12:44,45 sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant.45 Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so ’n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag.”  Die huis wat skoon en aan die kant is, menende in konteks aan die kant en versier vir wêreldse plesier, is die huis sonder God, sonder die wederbarende Gees se  al skeppende werkende, kragtige beskermde teenwoordigheid.

Vraag:

Wil jy jou lewe verander of bekeer en wil jy he dat die Heilige Gees jou lewe vul sodat jou einde nie slegter is as die begin nie?

Philippians 2:13 want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.   God doen dit, en daarom kan ons dit doen; ons doen dit omdat God dit doen. Hier word jy geloof geskenk, met gepaardgaande berou, sonde bewustheid oor jou gegiet sodat jy sal uitroep: “God red my, ʼn sondaar”  Nou het jy weer daardie wil  om na God te hunker soos Adam se natuur was, slegs Sola Gratia deur God se genade alleen. 

Heiliging beteken immers nie volmaaktheid en sondeloosheid nie, maar ʼn navolging van Christus ten spyte van struikeling en val; ʼn gehoorsaamheid aan die wet ten spyte van talle oortreding.  Romans 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? James 3:22 Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou

As jy wedergebore is en jy sondig weer wat gaan jy doen?

  bible-and-key_2120_1024x768

8.      Wat jou nie red nie is werke 

Titus 3:55 Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat die sonde afwas, en deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee. Ephesians 2:8,9 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ’n gawe van God. 9 Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.

Alleen deur die geloof in Jesus Christus, word die mens geregverdig, en wie geregverdig is, sal die werke van die wet doen en daardeur lewe.  Gehoorsaamheid aan die wet van God begin dus by gehoorsaamheid aan die God van die wet, en gehoorsaamheid aan die God van die wet, is geloof in Jesus Christus.  Wie Hom dus nie glo nie, oortree die wet en doen sonde.  Daarom is die wet ʼn wegwyser na Jesus Christus. 

Nie een van ondergenoemde sal jou red nie

  • Jy kan weet en glo in Jesus Christus en in God en dat hy vir jou gesterf het en ʼn gebed gedoen het om Hom aan te neem.
  • Jy kan die 10 Gebooie perfek hou maar een misstap en jy verdien die ewige dood.
  • Jy kan ʼn moeder Theresa wees en goed doen aan ander.
  • Jy kan ook die Joodse geloof aanneem besny word want almal gaan in een dag gered word en wag op die Mesias
  • Jy kan gedoop word klein of groot, besprinkel of onderdompel word..
  • Jy kan ʼn kerk lidmaat word en ʼn predikant word en jou hele lewe wy aan die kerk.
  • Jy kan jouself afsonder en in ʼn klooster of grot gaan bly en jouself van al die plesier van die wêreld ontneem en net aan God toewy.
  • Jy kan ʼn verbondskind wees gebore in ʼn Christelike familie.

 

Vraag:

Hoe word jy nou gered?

bible-and-key_2120_1024x768

9.      Hoe word jy dan gered van die Toorn van God?

Indien jy alles verwerp wat die Bybel van jou sê, bêre die traktaat en lees dit weer en weer.  Indien dit jou hart aanraak en jy aanvaar dat dit waar is wat van jou gesê word in God se Woord dat jy met vuil besmeerde klere van sonde voor die Heilige God staan en jy ondervind ʼn sonde besef, dan het God alreeds in jou begin werk.  Jou oë en ore is oopgemaak.  Soos ons in die begin gelees het, kan jy dit slegs ervaar om die Koninkryk van God te sien indien jy wedergebore is.    Sonder kennis kan ʼn mens nie ʼn besluit neem nie.  God gee jou die insig dat jy ʼn verlore sondaar is en daarom roep jy na God vir genade.  Iemand moet jou red want jy is hulpeloos op pad na ʼn ewige straf.

Luke 18:3 En in dieselfde stad het ’n weduwee gewoon wat hom herhaaldelik kom vra het: ‘Doen aan my reg in my saak teen my teenparty.’ Ons kan ook vra herhaaldelik soos die weduwee, en sy is beantwoord. 

Vraag:  Is jy bereid om vir God te vra?   

Acts 3:19 Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. 

Vraag:  Is jy gewillig om tot inkeer te kom sodat jou sondes uitgewis kan word?  Acts 16:31 Hulle antwoord hom: “Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.” Romans 10:13 want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Vraag:  Glo jy en wil jy die Naam van die Here aanroep? 

2 Timothy 2:25 Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring.  Indien jy God wil aanroep dan het God jou bekeer en tot kennis van die waarheid gebring.

Die mens sal gewillig wees in die dag van U krag…ou vertaling.  (Ps 110.3) n sekere belofte!  Was diegene wat geglo het in die evangelie gewillig om gered te word in Handelinge 13:48? “ Toe die heidene dit hoor, was hulle baie bly oor die woord van die Here en het hulle dit toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.” Of Lydia in Handelinge twee en Acts 16:14 Een van dié wat geluister het, was ’n vrou met die naam Lidia, wat die Joodse geloof aangeneem het. Sy het handel gedrywe met pers wolmateriaal en was van Tiatira afkomstig. Die Here het haar vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak.  Was Lidia gewillig om genade te soek?  Die antwoord is voor die handliggend, natuurlik was hulle gewillig-in al die gevalle.  Die egte vraag is dit:

“Wie en wat het hulle gewillig gemaak?”  Lees in elke geval en sien of dit die krag van vrye wil of die krag van soewereine genade is.

Die Heilige Gees het jou gewillig gemaak, die Heilige Gees het jou oë oopgemaak en jou wederbaar, die Heilige Gees het jou geloof en gevolglik het jy berou oor jou sonde gehad sodat jy kan glo en jou bekeer.

Vraag:

Wi jy gered word?

Indien jy glo, berou het, jou wil bekeer en God gehoorsaam dan kan jy in die naam van Jesus Christus dit vir God sê en dan sal jy ook dankbaarheid hê.

bible-and-key_2120_1024x768

10.  Sekerheid of volharding van die gelowiges

Mark 4:20 Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.”

John 1:12 Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. 3:3 Daarop sê Jesus vir hom: “Dít verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.”

Indien jy nou glo, berou het dan kan jy aanvaar dat Jesus sy lewe ook vir jou afgelê het en vir God in die Jesus se naam dank.  Omdat jy glo dan volgens die Bybel is jy ʼn kind van God en nuut gebore. 

bible-and-key_2120_1024x768

11.  Sekerheid

Wat nou van die pad verder?

Jy kan nie jou saligheid weg sondig nie.  As dit wel gebeur dan was jy in elk geval nie gered nie.

Die waarheid is, dat eenvoudige beleidenis van die mond is nie ware Redding nie.  Selfs die Duiwel bely dat Christus is die Heilige van God maar dit meen nie dat hy gered is nie!  Meeste valse evangelies bely Christus, en tog is hulle nie nader aan Redding as die duiwels wat hulle dien nie.  Enige een kan die sonde gebed opsê en gedoop word in water en beleidenis doen van Redding, maar ware Redding is om dood te wees vir sonde, gedoop te wees in die Gees, en Gebore te wees van God ʼn nuwe mens, waarin ons God lief het en ʼn begeerte het om sy wil te doen. 

1 John 2:3-5 As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. 4 Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is ’n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. 5 Wie sy woord egter gehoorsaam-in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.  Dit is nie deur bewys van ʼn Heilige gevoel, dit is nie deur bewys van die waterdoop nie, dit is ook nie bewys van ons Kerk of kerkleiers nie. Dit is nie deur hierdie traktaat nie.  Dit is deur bewys van ons hart, gemanifesteer in ons begeerte om God se Woord getrou te hou en ons Liefde tot God om sy wil te doen, nie ons eie wil nie.  Om God se Woord te hou, is nie die rede hoekom ons gered is nie maar die “Bewys” van ons Saligheid.  Wanneer ons waarlik Gered word kan die bewys in ons lewe gesien word!  “ʼn Boom word geken deur sy vrugte!” 

Wat ons moet doen om Gered te word, is om Christus te ken.  Vertrou op die Here en soek Hom terwyl Hy nog te vinde is. 

Jy ken vir Christus want hy het jou eerste liefgehad nog voordat jy wedergebore was.  Jy was dood nou is jy lewend en het Hom nou lief en wil graag sy gebooie hou.

bible-and-key_2120_1024x768

12.  Getuienis oor Christus

Ten slotte ons lewenswyse getuig ook. Of ons wandel as ʼn praktiese ateïs op aarde en die mens sien geen verskil tussen ons en die ongeredde sondaar nie, of ons wandel as teken van die Koninkryk wat alreeds in ons lewens deurgebreek het. 

Hoe wandel jy?  Hoe lyk u lewe?  Kan u met sekerheid se dat “ek is ʼn kind van God?”  Het u die verlange om God te gehoorsaam, het u die begeerte om van sonde ontslae te wees en ʼn heilige lewenswandel te betree, is u begeerte om met God in gebed te praat, het u berou oor u sonde, bely u, u sonde aan God?  As dit ja is op die vrae dan is u verseker van u saligheid en u kan dit in geloof aanvaar dat u ʼn geredde mens is en God dank daarvoor.  Indien u nie hierdie begeertes het nie maar die traktaatjie het u aangeraak roep dan uit tot God want: -dit is slegs God se handel met u en die werk wat in jou begin is en voltooi sal word.  U moet dit nou aanvaar deur die geloof wat God aan u gee.  Dan is u gered en u kan die goeie nuus vertel.

Lees die traktaatjie weer en weer want dit is die grondslag van jou bekering en alles volgens die Heilige Skrif.  Lees dan die Bybel en vind ʼn Kerk wat die Leer van die ou Kerkvaders bely.

Mag die God wat genadig en barmhartig is vir jou begelei deur sy Gees tot alle waarheid, kennis, insig en mag u sy genade begryp in Christus Jesus.

key-to-bible

Reformasie Sending 
Reformed Societies International 
Terug na die Bybel, Christus, Genade, Geloof tot die Glorie van God Alleen om die dogmatiek wat die wêreld geskud het te herwin vir die eer van God alleen.
 
www.reformedtruth.co.za

Nico Engelbrecht

4 thoughts on “Die Ware Evangelie

  1. Thanks Grant! I will send the link to my South African friends here in Melbourne (I was just telling one of them about your site at church this week, and they were keen to get the link!). 🙂

    Like

    • You are most welcome. I will be working hard at getting more Afrikaans postings up during the next few weeks, as time allows. As Afrikaans is not my mother tongue, writing longer pieces in Afrikaans will be a bit of a new challenge, but I am looking forward to it. I hope it turns out to be of some worth!

      Like

  2. Wil net se dankie ek het oor baie van die bogenoemde dinge gewonder maar weer eens het God die antwoord na my gebring deurdat Hy my na die stukie gely het. Gods seen oor julle en mag dit velle meer mense bereik ek brand om ander dit te laat lees. Groete

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s