Wedergeboorte: Die Vereiste om die Koninkryk te Sien.

wheat 1

Wedergeboorte: Die Vereiste om die Koninkryk te Sien.

Ons almal weet van wedergeboorte. Ons weet dit is ʼn God gegewe wonderwerk en as jy nie wedergebore is nie dan kan jy nie die Koninkryk van die Hemele eers sien nie. Jy kan nie insig hê sonder die openbaring van Bo, jy kan nie Die Geloof hê sonder om eers wedergebore te word nie. 

Joh 3:3 

Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

Jesus herhaal die woorde maar met ʼn verdere vereiste:

Joh 3:4 

Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?

Nikodemus begryp alles letterlik want hy het nie geestelike insig nie. Hy is ʼn Israeliet en begryp net dat die Jode is die uitverkorenes en nie die heidene nie. Hy is deel van God se volk. Hy is n kind van Abraham, sy vlees is dan besny, maar hy is nie besnede van hart nie. Hy begryp nie dat vlees en bloed nie die koninkryk van God kan beërwe nie sonder om van vleeslike sondige Adams geslag wat gesterwe het in die Paradys, weer eers regenereer te word nie. Sy siel is vleeslik en moet geestelik gebore word maar dit is nie al vereiste om net wedergebore te word en die koninkryk sien nie, hy moet dit nou ervaar en skoon gewas word in deur die Heilige Gees in Jesus bloed. Dan sê Jesus die volgende: Slegs uit water en Gees kan jy die koninkryk dan ingaan en deel word van die ware geestelike Volk van God waar nie meer Jood, barbaar, mensvreter, heiden gekenmerk uit hulle eerste geboorte uit die vlees nie, maar nou is die skeidings muur tussen alle mense afgebreek, geen verskil, geen rassisme en uit een familie met dieselfde bloed en afstammeling van die volwasse geskapene Adam en Eva.

Joh 3:5 

Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.

Uit Water en Gees; Die Vereiste om die Koninkryk In Te Gaan

Die wedergeboorte begin met die sluier van die Wet wat oor ons is wanneer dit gelees word, wanneer die tempel se voorhang vir ons geskeur word en ons kan die allerheiligste sien, en hoor, dan sien ons die koninkryk van God in al sy glorie, die Geloof word vir ons helder en ons hoor die evangelie wanneer dit vir ons aangebied word. Ons moet daarop let dat ons eers wedergebore moet word om die koninkryk van God te sien. Nou is daar verdere vereiste en dit is om gewas te word deur die Heilige Gees, die genererende werke van die Heilige Gees in die beeld van water. Uit water en Gees. Soos die mense verlos wat uit water en Gees in die Groot Historiese Vloed waarvan daar globale tekens oorgebly het met al die duisende opgehoopte grafte van oerdiere. Sommige soos in Kanada se groot graf van duisende dinosourusse se bene, sommige met nog vlees aan en rooibloedselle en DNA wat nog gelees kan word aanduidend op ʼn jong aarde. Daardie sinnebeeld van die verlossing op water word uitgebeeld in die doop in Christus en die water doop vir afwassing van sondes deur die Heilige Gees.

Mat 3:11

 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

Dit is hier waar ons ingaan in die koninkryk van God. Hier is God koning en alleenheerser, die Skepper van die mens en engele, Satan ingesluit in Sy diens. Die vuur van die Heilige Gees is oordeel en dit brand al die kaf.

Mat 3:12

 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

Ons word skoongewas en gereinig soos water, dit neem die sondesmet weg, dit wat nie in die  koninkryk van God hoort nie. Dit is die was van regenerasie. God het ons gered nie ons werke of keuse nie, maar deur die bad van die wedergeboorte en vernuwing deur die Heilige Gees.

Tit 3:5

 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees 

Die water gee lewe, die fontein van lewende water laat ons nooit weer dors kry nie, vannaf die Skepping gee water lewe. Die aanhaling uit die King James:

Gen 1:20 

And God said, Let the waters bring forth abundantly the moving creature that hath life, and fowl that may fly above the earth in the open firmament of heaven.

Die KJV se dit vir my beter: God het beveel dat water bring lewe voort.

1Co 6:11 

En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. 

Die wedergeboorte deur God beplan in die Ou Testament voorspel deur Jesus Christus Sy Seun

Eze 36:25 

Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.

Eze 36:26

En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.

Eze 36:27 

En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

 

Joh 7:38 

Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Joh 7:39

En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.

 

Isa 44:3 

Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.

Hierdie nuwe geboorte; vermag deur die Gees, word uitgebeeld deur die water doop. Die Jode kan nie deelneem aan die Messias se langverwagte koninkryk nie behalwe as hulle, hul onderwerp aan Jesus Christus die Messias en alle wensdenkery laat vaar van ʼn aardse koninkryk en onderwerp aan die enigste verlossings plan, die evangelie van Jesus Christus.

Laat daar Lig wees.                             

Johannes moes van die Lig getuig:

Joh 1:4 

In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Joh 1:5 

En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie. 

Net soos God beveel het dat daar Lig moet wees nog voor die hemelliggame geskep was wat aandui dat dit veel meer beteken as net lig om fisies mee die duisternis weg te kloof want Paulus haal ook Genesis hier aan in Korinthiërs 2 Cor 4:6.

Gen 1:3 

En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.

Gen 1:4 

Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;

 

2Co 4:6 

Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn—dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

Hier is dit so duidelik soos daglig, dat die Lig wat geskep was in Genesis, die wedergeboorte uitbeeld, die kinders van die Lig en kinders van die duisternis onderskei. Die kaf van die koring, die skape van die bokke. God se bevel aan wie die lig moet skyn, jy kan nie lig beveel om te skyn nie net soos jy nie geboorte kan laat plaasvind nie, in die geval wedergeboorte.

God laat die wedergeboorte plaasvind soos Hy beveel, so onvoorsiens soos Wind. 

Die wedergeboorte se soewereine toepassing deur die Heilige Gees word ook uitgebeeld in Wind.

Joh 3:8 

Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

 

Act 2:2 

En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.

 

Eze 37:9 

Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word. 

Die dooies in hulle sonde word hier uitgebeeld, wat net die Heilige Gees kan lewend maak.

Son 4:16 

Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.

Die geliefdes van die Here is Sy tuin, die kruie van genade, die balsem wat sonde wonde genees, bring die Heilige Gees vernuwing.

Isa 32:15 

totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn ‘n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ‘n bos gereken. 

Hierdie gebede is vervul toe die Gees uitgestort was op alle vlees, die magtige wind en ons word ʼn aangename geur van Christus. Hierdie genade wind op die siel, waai waar dit wil soos kruie op die siel dat ons God kan vereer en vrugbaar wees op God se aarde. Ons moet wag en bid vir die Gees van genade.

2Co 2:15 

Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; … vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe.

Die Heilige Gees volbring God se Raadsplan, op God se manier, aan wie Hy wil, Die Wind het vir Paulus uitgesonder om hom te gebruik magtig is Sy diens. God se werk is misterieus en weef ons DNA wonderbaarlik saam soos Hy wil en skryf ons naam in die Boek van die Lam nog voor die grondlegging van die wêreld, nog voor ons goed of kwaad gedoen het om wedergebore te word deur die Gees van God tot ewige lewe.

 

Psa 148:8 

Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;

 

1Co 12:11 

Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

 

Act 9:11 

Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ‘n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;

 

Ecc 11:5 

Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van ‘n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.

 

Psa 139:13 

Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

 

Psa 139:14 

Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

 

Psa 139:15 

My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde. 

Psa 139:16 

U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

 

Die Geboorte van die mens in die vlees en die wedergeboorte van mens in Christus 

Joh 3:6

Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Keith Mathison se uitleg van die taal van geloof stem saam oor die profetiese uitspraak van Wedergeboorte.

Die geboorte van ons kinders is ʼn wonderlike gebeurtenis. Dit is ʼn wonderbaarlike oomblik van Skepping maar niks in vergelyking van die geestelike geboorte nie. Die kind word gebore gesond en fisies is alles daar, en daarvoor is ons dankbaar. Maar die babas is ʼn afstammeling van Adam en geestelik stil gebore. Hulle is geestelik dood gebore net soos jy en ek dood gebore is in sonde. Sonde kom in die wêreld deur een man, en die dood deur sonde, en so word die dood versprei na alle mense want almal het gesondig en dit maak God onbereikbaar, niemand soek God nie, niemand kan Hom vind nie sonder dat hulle van die Boom van die Lewe in die Paradys eet en dit is Jesus en niemand kom na Jesus toe as die Vader nie deur genade alleen, sommige vir Jesus gee nie.

 

Eph 2:1 

En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes

 

Rom 8:7

omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

 

Joh 6:44 

Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

 

Joh 6:64 

Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.

Joh 6:65 

En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.

 

Deu 32:39 

Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie; Ek maak dood en maak lewend, Ek het verbrysel en Ek genees; en daar is niemand wat uit my hand red nie.

 

In hierdie natuurlike status van Adam, van dood, is ons in die graf, nie op ons siek beddens nie daarom sê  Jesus: ons kan nie God se heiligdom betree nie want ons moet eers wedergebore word. Die geestelike stil geborene moet eers lewend gemaak word; ʼn geestelike opstanding.

Baie van ons begryp nie dat Jesus nie gesê het jy moet weer gesond word nie, want hulle sê dat ons slegs siek is en nie geestelik dood nie. Hulle beweer onskriftuurlik dat ons slegs op ons sterf bed lê en Jesus bied ʼn genesing aan wat ons slegs moet aanneem deur ons hand uit te steek. Of; die ander populêre miskonsepsie om die mens se toestand te beskryf is dat ons besig is om te verdrink en al wat ons moet doen is om die lewensgordel wat Jesus aanbied te neem om ons lewens te red. Hierdie valse prentjie is nie die doodstyding wat Jesus en die Apostels beskryf nie. Ons is nie op ʼn siekbed nie, ons is in die graf in ons Adam status en nie besig om in die golwe om hulp te roep nie. Ons lê op die bodem van die see, dood. Klaar geoordeel op afwagting op die ewige verdoemenis.

Dit is hoekom Jesus vir Nikodemus sê dat hy moet weer gebore word. Iets wat Nikodemus nie self kan doen nie net soos ons geen kontrole het oor ons vleeslike geboorte nie het ons geen, maar geen kontrole op ons geestelike geboorte nie. Dit is ʼn soewereine daad van die Heilige Gees.

Die wat ore het om te hoor, hoor.

Ons glo nie met die daad van meriete sodat ons gered kan word nie; maar ons moet regenereer word sodat ons kan glo. Regenerasie vind plaas voor geloof. Jesus beveel ons om in Hom te glo, maar ons kan nie daarop antwoord nie behalwe as God ons eers die geestelike lewe skenk.

Lazarus die beeld van die Wedergeboorte 

Ons geestelike status is die beeld van Lazarus in die graf. Lasarus was in die graf, hy was dood. Hy kan niks doen nie om vir homself nuwe lewe te gee nie. Jesus sê; Lazarus kom uit van die graf, maar Lazarus kan nie antwoord nie voordat Jesus vir hom nuwe lewe gegee het nie. Net so; is ons dood in ons sonde en kan nie antwoord, hoor of sien nie. Jesus beveel ons om te glo, maar ons kan nie antwoord voordat God ons eers geestelike lewe gee nie, en ons dan geloof skenk nie. Ons het nie ʼn keuse in die saak nie voordat God ons geestelike lewe skenk. Ons word dit geskenk want Jesus het die dood oorkom eens en vir altyd.

1Pe 1:3 

Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,

As jy ʼn Christen is, oordink wat God vir jou gedoen het. Oordink dit dat jy dood gebore was in sonde. Jesus het na jou graf toe gekom en gesê: Harry kom uit en vir jou geestelike lewe gegee en geloof geskenk wat ʼn gawe is en nie van jou af sy oorsprong het nie. Nou is jy weer gebore en ʼn aangenome kind van God en mede erfgenaam van Christus. Halleluja!! Jou fisiese liggaam sal nog sterf, maar jy het die sekere hoop tot opstanding na die ewige lewe. God het jou wederbaar, Sy kind en sal jou nie weer dood maak nie want dan moet Hy Sy Seun doodmaak want jy is verborge in Hom. Jy is wit gewas in daardie Heilige Water, jy as sondige wese is rein in Jesus Christus.

1Co 15:22  Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;

Vir die wat nie in Christus is nie en die skrywe ʼn heilige woeling in jou lewe veroorsaak, dan is dit God wat in jou werk om te wil en te doen en dan sal strome van lewende water uit jou vloei en jy Christus aangryp as jou Verlosser.

– Nico Engelbrecht

http://www.reformedtruth.co.za

nico_engelbrecht@telkomsa.net

Volgens die Skrif Alleen waar die Gees van God vir ons die Lig openbaar, deur die Heilige Gees wat Waai waar Hy wil om vir ons deur Geloof Alleen, in Christus Alleen en Alleen uit Genade tot die Eer van slegs God Alleen ons kinders van die verbond maak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s