Kersfees: Nugter nagedink oor 25 Desember

christmas-tree-blue cool

Grant Swart

Ek het groot waardering en respek vir God se kinders wat radikaal heilig wil lewe en in alle dinge die wil van God eerste probeer stel. Dis immers in ooreenstemming met  die duidelike opdrag in 1 Petrus 1:16 “Wees heilig, want Ek is heilig!”  Aan die anderkant is daar wel ook Christene wat ‘n behae daarin skep om hare te kloof en andere skuldig te laat voel oor nietige randsake. (moontlik as gevolg van onkunde)

Een so ‘n saak is die vraag : “Mag ‘n Christen Kersfees vier?”


VASTE FEITE

Kom ons begin met die nugtere stel van ‘n paar feite wat vas staan en waaroor almal behoort saam te stem :

Feit nommer een is : Jesus is nie op 25 Desember gebore nie. 

Verder:

  • Die groot meerderheid van mense op aarde vier Kersfees op ‘n goddelose en Godonterende manier (met vreet op aarde in plaas van vrede op aarde)* 
  • Daar is geen Bybelse bevel om Kersfees as ‘n feesdag te vier nie.
  • Daar is wel duidelike Skrifgedeeltes wat die geboorte/menswording van Jesus beskryf.
  • Daar is wel toegewyde gelowiges wat Kersfees vier op ‘n Godverheerlikende wyse.
  • Daar is ook opregte Christene wat niks met Kersfees te doen wil hê nie en dit as deur en deur heidens beskou.

Uit bogenoemde is dit klaar duidelik dat Christene verdeeld is oor hierdie saak. Selfs onder Christene Continue reading

Slaaf of kind?

broken-chain

Johannes de Koning

SLAAF OF KIND?

– die belangrike waarheid vir die verstaan van Christelike vryheid.

Is jy in jou verhouding met God ’n slaaf of ’n kind? Dis ‘n baie belangrike vraag waaroor Galasiërs 4:1-10 mens ernstig laat dink.

“1. Hierby wil ek nog dít sê: Solank ‘n erfgenaam nog minderjarig is, verskil sy posisie nie werklik van dié van ‘n slaaf nie, al behoort die hele erfenis aan hom.

2. Tot die dag wat sy pa bepaal het, staan hy onder toesig van voogde en word sy besittings deur bestuurders beheer.

3. En so is dit ook met ons. Toe ons nog geestelik onmondig was, was ons slawe van wettiese godsdienstige reëls.

4. Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit ‘n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe

5. om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word.

6. En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba!” Dit beteken: Vader!

7. Jy is dus nie meer ‘n slaaf nie; jy is nou ‘n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak.

8. Daar was ‘n tyd toe julle nie vir God geken het nie en slawe was van nikswerd afgode.

9. Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe Continue reading