ʼn Oproep Tot Nugterheid Vir Diegene Van Die Wegraping

dont worry be jewish

Grant Swart

ʼn Oproep Tot Nugterheid Vir Diegene Van Die Wegraping

Ander name vir diegene is:  die “Futuriste”, Literaliste. Hulle bevorder die teologie van  Pre-millennialisme en Dispensasionalisme.

Die Basiese teologie is:  Opraping of Wegraping,  Die Groot Verdrukking, die wat die duisendjare vrederyk voorstaan, die wat glo die tempel gaan herbou word, die wat glo dat Israel weer sy ou Testamentiese grondgebied gaan terugkry, die wat glo dat daar twee maniere van Verlossing is – een vir die Jode en een vir die Kerk. Volgelinge van hierdie denkwyse is onderandere die dissipels van Darby,  Schofield, Walvoord, Hagee, *[James H. Brookes, Dwight L. Moody, Hal Lindsay, Tim LaHaye, Lewis Sperry Chafer, Roger E. Olsen], Johan Malan, Johan Claasen, Dave Hunt en die meerderheid van oningeligte Christene.  

 

Inleiding

Kom ons maak dit eenvoudig so dat die individu dit kan begryp, en nie teologiese debattering nie. Dit is ʼn redelike onlangse beweging, populêr gemaak deur die fiksie flieks van die “Rapture”. Dit was nie bekend by die vroëere Kerk nie. George Müller wat die Bybel meer as ʼn honderd keer deurgelees het, sê dat hy eerder van Darby, sy vriend, afskeid neem, as van die waarheid in sy Bybel. Die, kom ek noem hulle,: ‘Wegrapers,” lewer soveel goeie apologete en stryders teen Charismate Koningkryk-Nou Triomferende Teokratiese Postmillennialiste en Finansiële Welvaart Gesondheid en Voorspoed Teologie op, maar is openlik teenstanders van Gereformeerdheid en sy skriftuurlike sienswyses oor die wederkoms. Ongelukkig, na hulle soveel goeie werk doen, is daar een groot probleem wat nie Eer bring aan God nie, asook aan Christus se lyding op die kruis wat as nutteloos beskou sal word, gedurende hulle sogenaamde duisendjarige vrederyk soos ons sal sien.

Kerk leiers bly stil, teoloë en akademici spreek nie die Wegrapers aan nie. Hanteer hulle met handskoene. Dit is ʼn baie ernstige dwaallering met ernstige gevolge. Continue reading