Kettery: onvergeefbare sonde

rose-colored-glasses-dan-holm

*Grant Swart

Nog nooit in die geskiedenis het ‘n uitvinder of ontwerper van valse leringe hom bekeer tot die Christendom nie – ‘n sonde van daardie aard is veels te groot, want dit is die opperste vorm van godslastering en dit is ‘n sonde teen die Heilige Gees. Dit is juis waarom God toelaat dat uitvinders en ontwerpers van valse leringe se harte en sinne verhard word. Dienooreenkomstig word die woorde van Jes 6:9,10 vervul: En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie. Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.

Die Here Jesus het geen hoe priester ooit omskep en tot bekering gebring nie, maar hulle dissipels is wel omskep – mense soos Nikodemus, Josef, Paulus en ander soos hulle. Die profete van ouds het geen valse profeet ooit omskep na die Christendom nie. Selfs kon Paulus nooit enige valse profeet na die waarheid en lig van die Here Jesus Christus toe lei nie, maar hy het toepaslike aanwysings gegee: Aan ‘n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning, wetende dat so iemand op ‘n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan (Titus 3:10,11).

Dus kon selfs die heilige dokters nooit ‘n meester van kettery omskep het nie, nie omdat hulle Continue reading